|
TIME
Life is just a moment in time -
a little dot in space
When you are born, you begin to die
every second, a hundred years
so relative, so absolute
You can’t escape
the rapid passing of seconds,
nor can you turn back
the wheels of Time;
you can’t even pause the toothed gears
aligned up in the heavens
The great ancient Clock
is ticking off moments, life-spans and ages,
seemingly unaware of the multiple dangers
man does experience
through the running out of sand
inside the hour-glass in His hand ...
TYD
As dit nie moet nie, dan vlieg dit
as dit moet vlieg, dan staan dit stil
Tyd - relatief - ‘n kontinuum
vir alles, en almal, sinoniem
Almal gebonde, die oomblik dikteer
al die gewerskaf, dit het geen keer
Ruimte, verandering, beweging van Tyd
‘n voortdurende siklus, voortdurende stryd
niks kan dit keer nie
niemand het mag
om dit wat ons Tyd noem
om dit te vertraag
Die Skepper het egter
die Tyd daargestel
en toe die mens in eenvoud gemaan
om onder die domein van Tyd te staan
En wat ook al die mens probeer
die verloop van Tyd sal hy nooit nie kan keer
Hieruit wys God ons Sy almagtigheid
want slegs Hy kan triomfeer
oor die heerskappy van Tyd
DIE TYDBOM
Soos ‘n tydbom sit hy en wag
vir die breek van die dag
hy is gevrees
vir die tyd om te kom
dat hy homself kan wees
met ‘n irriterende gegil
wat jou hart laat dril
so skeu hy die stilte
so breek hy jou rus
ja - dis gladnie lekker
om ontwaak te word
deur ‘n wekker
EK
IS BANG
Ek voel so moedeloos -
of is dit vrees...?
Ek moet myself regruk
en minder boeke lees
Die Natuur sal my lei
ek begin bang raak
hoe gaan ék ooit ‘n baba kan kry?
KOM
WONDERWERKIE
Jy - ons klein wonderwerkie
Ons wag in spanning op jou koms
so ongelooflik, eers net ‘n merkie
nou byna ‘n mens
Vir jou, ons wonderwerkie
beplan ons die beste
wat ons kan gee en vir jou kan doen
Kom, wonderwerkie
en verryk ons lewens met ‘n soen
MY BABA
My klein kaboutertjie
jy’s vandag 10 weke oud
so pragtig soos diamante
so kosbaar soos goud
jou het ons lief
jy’s ons klein hartedief
met jou ogies so blou
en jou klein lyfie so lou
is jy, droog of nat
‘n regte klein skat!
AAN
MAMMA
Nou is ek ook ma
en eindelik kan ek verstaan
hoe Ma altyd moes gevoel het
dit maak my skoon aangedaan..
Vir al die onkunde
waarin ek my lewe lank
vir ma gekwes het met my woorde
en Ma laat vlug het na stiller oorde
om daar die trane af te vee
sodat niemand kon sien
die seer wat ‘n kind
‘n ma kan toedien...
Ek weet dat Ma in stilligheid geweet het
die lewe sou my ook nog leer
dat ‘n kind onnodig seer kan maak
sonder dat hy eers besef dat Ma’s
kan hartseer raak.
Dankie Mamma - vir my les
en nou doen ek ook my bes
om in stilligheid tot tien te tel
en weg te steek
en nie te skel...
EMOTIONS
Emotions become more violent
when expressions are stifled
The silence say more
than a thousand words
unseen eyes keep the watch
the guilt grow by the minute
it’s like a time bomb waiting
for somewhere to explode
ONSKULDIG
Dié slag onskuldig
maar die noodlot speel saam
omstandighede gunstig
‘n plan word beraam
Hoe bewys mens jou onskuld?
hoekom moet mens veg?
dit verg baie geduld
terwyl mens tog weet jy is reg
THE LIMITATION
The desire is to express
the feelings inside
But communication is blocked
by language - the barrier
emotions unchanneled
feelings unheard
a fire inside - lit up, aflaming
emotions stirred up with nowhere to go
confusion is spread inside a heart
consisting of sparks
as sharp as a dart
this tunnel is infinite
this tunnel has no end
it doesn’t have an anchor -
it is flimsy like a tent
waving in the air
tossed by the winds
and all along the way
the deepest feelings are laid bare ... |
TO
TOP
TO
TOP
TO
TOP
TO
TOP
TO
TOP
TO
TOP |
LOVE
Love - something everybody search for -
something everybody wants
But when it comes at last
one knows not what to do with it
one has to learn fast
Love - it is so holy
it is so special
its a piece of heaven
right in our own hearts
All glory to God -
the God of Love
who kindly gave me also a portion
and it will be enough
without getting less, will grow and grow
the more I give away
the more I’ll overflow
the more I’ll have to give
To give to you
WHEN
WE ARE WITH OTHERS
When we are with others
we are not allowed to touch
it is so very difficult
I love you oh so much
When we are with others
we are not allowed to share
the love - so much of it
this is a heavy burden to bear
When we are with others
I’m not allowed to boast
with the special feelings I have for you
There’s always those other peoples’ ghosts
When we are with others
we always have to hide
all emotions, all the feelings,
all those love we have inside
When will the day come
when we may share in open
no need to be with others
just the two of us in love
WIE WEET
Een mens, een siel
soek die doel daarin
en so draai die wiel
Kan mens Hom beter
behaag en dien
As ‘n mens een is
of gaan Hy voorsien?
- ‘n medemens
bypassend, ‘n sielsgenoot
wie moet vir wie vind
Op wié val die lot?
‘n MAAT
Wys my die mens
‘n onvoorwaardelike maat
waar kry mens so een
kom - gee my tog raad
Dit blyk of net ék
so probeer wees
betroubaar, ‘n vriend
vir hom wat wil lees wat sê my hart
my siel, my wese
is dit net ek wat
so ‘n spesiale leuse het?
MY SEUN
Vanaand was jou witkoppie
nat van my trane
Terwyl jy skaterlag
het ek binne gebreek vir jou
Ek het gehuil vir jou, my seuntjie
omdat hierdie wêreld wreed is
So baie seerkry hou hy nog vir jou in
Kon ek nie tog maar in jou plek
dit alles verduur nie?
Ek sien jou volmaakte klein vingertjies
en wonder watter werk wag eendag vir hulle;
Ek sien jou laggende blou ogies
en ek wonder - watter seer sal hulle nog moet aanskou?
Ek sien jou pragtige voetjies en wonder
waarheen sal jou paaie jou nog lei?
Mag die Here my help
om jou sover moontlik
na die beste van my vermoë
in die lewe te help
Mag Hy keer dat ek
jou onnodige seer toedien,
en probeer om jou
buffer teen die wrede wêreld te kan wees
Mag Hy jou veilig in Sy hande hou, my seun...
SEER
Veilig agter
‘n dun rofie van seer
en wil nie toelaat
dat iemand dit skeur
Sterk en manhaftig
maar altyd gedagtig
aan dit wat was
om met ‘n enkele terugtog
van dink te herleef
en steeds pyn dit ook nog
die onreg, die seer, en elke keer weer
vlam die bitterheid op
soos ‘n sjampanje so dop
wat vrykom en skiet
maar tog - dis verniet
Gedane sake het geen keer nie
en probeer help ook nie meer nie
Daar word gesê
Vergewe en vergeet -
dus - as jy onthou was dit tevergeefs;
dan haat jy steeds ...
HIERDIE STRYD
Hierdie stryd - dit maak my mal
ek wil, ek mág nie;
ek kán, ek wil nie;
ek hét, ek moés nie;
Pasop vir die tyd as jou gewete se stryd
teen die duiwel in volheid begin
hy sal jou nie los nie
en jy is ook mos nie
‘n bal aan ‘n tou
wat hy kan afknou
en rondgooi net soos hy wil;
jy het ‘n keuse, somes net ‘n leuse
wat jy sal moet voorhou
as hy die reuse van Kanaan
voor jou laat staan
die Gees sal jou maan
en jy moet verstaan
wat jou gewete wil sê
want dis gewoonlik
wat die Here wil hê
PASOP
Só gevaarlik die spel
wat ‘n oordeel kan fel
en jou kan laat daal
sover as die hel
as jy een skewe tree gee
en nie kan sê " nee"
|